Vir my is "Gekruisigde Hande" 'n lewens tema, dit is waarvolgens elke gelowige behoort te leef.
Die kinders vaarvan gesing word is nie area of ras gemik nie, die is elke kind wat swaarkry... Soweto of Danville. Wit, Swart, Groen kinders is die ouers van more, as ons nie by hulle staan en hulle help om uit hulle omstandighede te hom nie, dan is ons nie werd om onsself gelowiges te noem nie.
Bedelaar in India:
Ek weet ons het in die stede ongelooflik baie mense wat by verkeersligte staan en Geldjie vra, en ja ons kan nie vir hulle elkeen iets gee nie. Ek sal as ek daar by die verkeerslig stop en die Gees lei my om daardie persoon te help, dan sal ek dit doen. Die Gees het die krag van onderskyding, vra Hom om jou te help.
Ek weet ons kan nie as jy by die robot stop met die "geldjie-man" gesels nie, maar ek hoop dat jy as iemand by 'n parkeer area jou om hulp vra jy hulle vra om saam met jou 'n koffie te deel en dalk, net dalk verras daardie persoon jou met ongelooflike stories.
Ek weet dat daar mense wat hoogs geleerd is op die strate leef. Hoekom vra jy? Wel daar gebeur onbeheerbare dinge in somige mense se lewens wat hulle nie kan hanteer nie.
Ons oordeel maklik - Hou op dirnk en jy sal weer regkom - ruk jouself reg, dis nie hoe ons jou ken nie - kom by, jy is beter as hierdie!
Dit is die dinge wat daardie persoon verder van jou af sal wegdryf!
Die regte ding om te doen sal wees, Boeta/Sussa, ek kan sien jy is baie seer, ek wil daar wees vir jou! ek sal luister as jy wil praat...
Dan maak ons die eerste stap in die redding van die mensdom.
So as jy weer sing "Here gee my Gekruisigde Hande wat gee, Gekruisigde Voete wat loop, waar Hy sou loop" hoop ek jy verstaan waarvoor jy vra...
No comments:
Post a Comment