In die week het 'n vriend van my die volgende stelling gemaak:
"Die konsep dat die Here my man is,is so moeilik om te verstaan, maar ek weet dit is so."
Ek het hieroor begin dink, hoekom is God die Man? Die Kerk (die Gelowige mens) is die bruid, reg?
Dan is die konsep waar.
My Teorie:
Ons is die Bruid - dit maak vir my ongelooflik baie sin.
Dit "bruid" hier is net 'n beeld, 'n beeld waar God die Leiding gee. Ek en jy volg God se instruksies (of meer soos raad).
In my siening is dit hoe die huwelik moet werk, ons is saam in dit, die man (hoof van die huis, soos deur dit in die Bybel genoem word), gee die leiding, bring die hoop. Ons die bruid, kan dan die vrugte van God se liefde eet...